Local newsNews

NHS dryf by Dink of Sink

Nie sleg vir 'n platteland skool. NHS is, in hulle eerste Dink of Sink kompetisie, deur na die finaal aan die einde van die maand.

MBOMBELA – Niemand by die skool het verwag dat Hoërskool Nelspruit (NHS), ‘n plattelandse skool, se debatspan verlede week die AfriForum and Beeld Dink of Sink-kompetisie sou wen nie.

 
Die senior span het wel hulself en die ander deelnemers verbaas deur die noordelike streeksronde van die kompetisie verlede Vrydag te wen, aldus onderwyser en debatorganiseerder Magda van der Merwe.

“Ons het gegaan om ons te geniet,” sê sy. “En toe wen ons. Dit was vir die span ‘n bonus.”

 
Twee van die skool se senior en twee junior debatspanne het die provinsie verteenwoordig.

 

Dit was die eerste keer dat NHS, wat ook die enigste span uit Mpumalanga was, aan die kompetisie deelgeneem het.

 
Na vyf uitdunrondes tussen verskillende Gautengse topskole soos Afrikaanse Seuns en Meisies Hoër, Helpmekaar en Monument het die twee senior spanne van NHS al hul debatte gewen.

Gerhard van der Merwe, Josua Matthee en Wehan Viljoen het die kompetisie gewen en neem 23 September in die nasionale finaal teen DF Malan van die Suidstreek en Oranje Meisieskool van die sentraalstreek deel. AfriForum het die pryse geborg.

 
Albei senior spanne het na die finaal deurgedring, en moes toe teen mekaar argumenteer om met die louere weg te stap.


Gerhard, Josua en Wehan het gewen met hulle argumente oor “Staatsbefondsing vir die kunste is ‘n mors van geld”.

 
Spankaptein, Bernard Coetzee het nie saam met sy span opgetree nie omdat dit ‘n onvoorbereide debatkompetisie was en dit die span se eerste keer daar was, wou hy by die ander deelnemers leer hoe om op te tree.

 

Hy voel voorbereid om volgende jaar saam met hulle op die verhoog te staan.

 
NHS se ander senior span Theo van der Westhuizen, Jana Visser en Kees-Piet Barnhoorn het tweede geëindig nadat die twee senior NHS-spanne teen mekaar moes meeding om die Noordstreek-wenners te bepaal.

Theo is as die beste taalgebruiker aangewys.
Juniors wat ook goed presteer het is Milda van Dyk, Jana Ingwersen, Mia Dentan, Ernst Pieterse, Leila Booysen, Rachelle Ressa, Danté van der Westhuizen, Jean van der Merwe en Aniska Breedt.

 

Dit is nie die skool se eerste keer dat dit in debat- en redenaarskompetisies uitblink nie.

 
Vier senior debatspanne het onlangs deurgedring na die finale ronde van die ATKV-kompetisie in Worcester. Gerhard, Josua, Wehan en Bernard was onder dié debateerders en die skool se redenaars wat aan dié finale deelgeneem het.

 
Vir die Dink of Sink-kompetisie het hulle goed voorberei deur die hulp van oud-beoordelaar, adv. Gustav von Bratt van Pretoria, in te roep en sowel as vorige kompetisie-onderwerpe deur te gaan, verduidelik Gerhard.

 
Die span moes ook seker maak dat hulle kennis het oor wat in die wêreld aangaan.

 
Hulle sal teen Hoërskool DF Malan van Kaapstad en C&N Meisieskool Oranje van Bloemfontein debatteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button