NHS se Presidentsverkenner wenner
Ziska van Dyk dat sou nou gereed is vir die wêreld nadat sy die presidentsverkenner-toekenning gewen het.

Ziska van Dyk (18) van Hoërskool Nelspruit (NHS) is onlangs met die Presidentsverkenner-toekenning beloon.
Sy is uit honderde leerlinge regoor Suid-Afrika en Namibië gekies om in Junie ‘n kamp by te woon waartydens sy ‘n inlywingsproses ondergaan het. Die proses het leierskap sowel as die beginsels van burgerskap en Christenskap versterk. Die geskiedenis van die Voortrekkers is ook daarby geïnkorporeer.
“Om deel te wees van iets wat ‘n mens bemagtig – soos die Voortrekkers – is ‘n groot eer,” het sy gesê.
Sy het haar aanwysing as Presidentsverkenner en ervarings tydens die kamp as verrykend en groot pret beskryf.
Ziska voel sy nou gereed vir enige uitdagings wat haar lewenspad mag kruis.
Dié onderhoofmeisie by NHS kom van Komatipoort af. Sy hou van dans en doen tans ballet en moderne-kontemporêre dans by die skool. Sy speel ook onderwater-hokkie en netbal vir die skool se tweede span. Sy sien uit daarna om volgende jaar teologie by Stellenbosch Univerisiteit te studeer.


