Local newsNews

Lente Karnival pret by Laerskool Witrivier

As ,n gevolg van die positiewe terugvoer wat die NG Witrivier gekry het van die Lente-karnival by die Laerskool Witrivier se skoolgronde, sal die karnival vermoedelik volgende jaar by die skool terug wees,

Die NG Gemeente Witrivier het Saterdag hulle jaarlikse basaar op Laerskool Witriver se skoolgronde gehou. Vanjaar was die tema “Lentekarnaval” en dit was die eerste keer in vyf jaar dat die basaar by die skool gehou is.

Antoinette Bester van die kerk het verduidelik dat dit laas met die gemeente se 70ste verjaardagviering daar aangebied is.

 

“Ek vermoed dat ons dit nou weer ‘n jaarlikse instelling sal maak omdat ons goeie terugvoer gekry en daar ‘n lekker atmosfeer geheers het,” het Bester gesê.

 

Die karnaval was groot pret vir die hele gesin met onder andere die Soli Deo Gloria-dansers wat opgetree het. Die groep bestaan uit vroue van verskeie kerke van Sabie en Witrivier wat die geleentheid ondersteun het.

Amelia Luus kry ook hulp van oom Duncan Elveyby die hindernisbaan

 

n Springkasteel en hindernisbaan het die kinders vermaak terwyl die volwassenes tussen die talle stalletjies rondgesnuffel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button