Local newsNews

Zambiërs steek kers op by plaaslike boere

Daar is vanaf Mkushi, 'n groot landbougebied in Sentraal-Zambië, hierheen gereis.

‘n Groep Zambiërs wat in die landboubedryf betrokke is, het onlangs in die Mbombela-omgewing besoek afgelê. Die besoekers het uit ses boere, twee besproeiingsingenieurs en ‘n landboukundige bestaan. Al nege is in die omgewing van Mkushi, ‘n groot landbougebied in Sentraal-Zambië, werksaam.

Lede van die groep agter op ‘n bakkie.

Gerhard Eloff, ‘n landboukundige van Omnia Zambië, het verduidelik wat die doel van hulle besoek was. Volgens hom is graanpryse in daardie land tans onder geweldige druk. Gevolglik het boere voelers uitgesteek om meer te wete te kom van alternatiewe gewasse, bemestingstegnieke en besproeiingstelsels.

Die besoekers het met plaaslike boere gesels.

Hulle het in Mbombela en Malalane plase besoek waar lietsjies, bloubessies onder skadunet, sitrus en mango’s verbou word en ook makadamias onder drupbesproeiing van nader bekyk. “Ons het die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse besoek en landbouliteratuur aangeskaf,” het Eloff gesê. Besoek is ook in Tzaneen en Hoedspruit afgelê.

Besoek is in Hoedspruit afgelê.

“Ons is baie dankbaar teenoor almal wat ons besoek help reël het,” het Eloff gesê.

Plaaslike Omnia-landboukundige, Johan Camphor, het die besoek as ‘n groot sukses bestempel. “Dit was vir ons lekker om die Zambiërs hier rond te neem. Ons is dankbaar teenoor die ervare boere van die Laeveld wat hulle kennis met die besoekers gedeel het,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button