Local newsNews

Straatmark van lede vir Christus.

 Die Gemeente van Christus het hulle straatmark Saterdag in Rensburgstraat gehou.

Daar was natuurlik weer tafels vol watertandlekker eetgoed en uitgesoekte handgemaakte items. Om ‘n voorsmakie te gee van wat op hulle wag, is besoekers met die intrapslag genooi om blatjangbeet en soet mosterd te proe – ‘n smaakervaring uit ‘n ander wêreld.

Tuisgebakte beskuit het mens laat terugverlang na jou ouma se kombuis. Vir die manne was daar verskeie elektroniese ware en sommer ‘n paar leersandale om daarmee saam te gaan. En wat is ‘n straatmark sonder goeie musiek en ‘n lekker boereworsrol?

Diegene wat dit misgeloop het moet solank die oë en ore spits vir die volgende geleentheid.

 

Lees gerus oor ander markte: https://steelburgernews.co.za/198026/dienssentrum-kersmark/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button