Local newsNews

Vreugdevure brand in Katoen

Waar hulle tot baie onlangs skaars genoeg kos gehad het om hulle twee weke te hou, is hulle nou gehulpe vir minstens twee maande.

Een toilet en een bad, wat deur 45 mense tussen die ouderdomme van ses maande en 73 jaar gedeel moes word, het tot baie onlangs ‘n verhaal van ongekende armoede by Katoen vertel.

IN PICTURES: These people are in desperate need of your help

Die mense van Katoen, ‘n sukkelende gemeenskap in die Witrivier-omgewing wat geen befondsing van die regering ontvang nie, is sedert die koerant se laaste artikel ruimhartig deur die gemeenskap vergoed.
Me. Willemien Reyneke, tans ‘n ma-figuur vir byna 57 inwoners, sê dat hulle beker na die afgelope twee weke oorloop. “Waar ons tot baie onlangs skaars genoeg kos gehad het om ons twee weke te hou, is ons nou gehulpe vir minstens twee maande. Daar heers ‘n algehele gevoel van verligting onder die inwoners,” sê sy.

Wingrave-familie het weer hoop

Die skenkings sluit onder meer items soos groente, vleis, ontbytpap en suiwelprodukte in en organisasies soos die Good Fellows het hulle onlangs verras met ‘n sappige burger van RocoMamas.
Maar, wat die inwoners veral verheug, “is dat hulle mekaar nie meer hoef aan te jaag om te stort nie,” sê Reyneke.
Eagle Verspreiders, ‘n maatskappy wat spesialiseer in die bemarking en verkoop van petroleumprodukte, het onlangs drie storte en drie toilette aan Katoen geskenk. “Die feit dat ons nou ‘n totaal van vier toilette, ‘n bad en drie storte het, bring geweldige verligting en maak die omstadighede aansienlik draagliker. Dit laat ons met ‘n lied in ons harte. Besighede en gemeenskapslede wat eens nie geweet het van Katoen nie, maak nou hulle harte vir ons oop,” sê sy.
Die afgelope jaar is reeds meer as 300 minderbevoorregtes daar gehuisves.

“Katoen gee aan ons ‘n nuwe uitkyk op die lewe en ‘n tweede kans,” het William Oosthuizen vroeër aan White River Post vertel.
By tye soos dié, ontvang hulle donasies in oorvloed, maar soms gaan weke verby sonder dat hulle enigiets kry.
Reyneke kan by 079-290-7094 en Melanie Clark by 072-378-0448 gekontak word.
Die plaas kan ook by Katoen JT278 Witrivier (Msholozi Trust) besoek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button