Local newsNews
Burgersfort laer lente dag
Dit is 'n jare lange tradisie by Laerskool Burgersfort om op Lentedag 'n boom op die skoolterrein te plant.
Lily-Rose Mckinlay, Oratile Mabasa, (derde ry) Lekisha Schoeman, Lené Wells, Lee-Anne van Dyk, Jay-Deen Bornman, Juane Schaëfer, me. Esther Pool, (vierde ry) Michelle van der Riet, Alex Surmon, Anzelle van der Riet, Katie-Mari Venter en Leoné Venter.
Vanjaar het hulle die gr. R’e se speelgrond gekies om nog ‘n boompie deel van die famillie te maak. Die kinders kon ook met gewone klere skool toe gaan en elkeen is die opdrag gegee om ‘n hoed of ‘n kroon te ontwerp wat lente voorstel.
Die kinders het met allerlei kreatiewe krone by die skool opgedaag, sommiges gemaak van palmtakke en ander van blomme en kleurvolle versierings. Die juniors het ook aan ‘n inkleurkompetisie deelgeneem. Hulle het ‘n prent met ‘n boom op gekry en moes dit versier soos hulle goedgedink het. Die wenners van elke graad en in elke kategorie is met lekkernye beloon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


