Appélhof beslis: Johan Heunis skuldig aan moord
Michelle Curgenven is in 2013 in haar motorhuis geskiet.
BLOEMFONTEIN – Die Hoogste Hof van Appél het beslis dat Michelle Curgenven se skietdood in 2013 geen ongeluk was nie.
Johan Heunis – die man wat haar in Junie daardie jaar in haar motorhuis geskiet het – is in 2016 skuldig bevind aan strafbare manslag.
“Ons was nie gelukkig met die bevinding nie. Ons glo dat hy haar vermoor het,” het familielid Sharon Joubert destyds aan Laevelder gesê.
Senior staatsadvokaat Johan Coetzee het hierdie bevinding geappeleer.
Joubert het vandag ‘n boodskap ontvang wat bevestig het dat die appél suksesvol was.

“Ons is in ekstase. Geregtigheid het geskied,” het sy sopas aan Laevelder gesê. Dit is nog nie duidelik wanneer Heunis gevonnis sal word nie. Aldus Joubert is hy steeds uit op borg.
Wat tydens vorige hofverrigtinge onthul is:




