Local newsNews

Junior stoeiers van topgehalte

Ses Witriveir stoeiers is tans besig om hard voor te berei vir nasionale kampioenskappe.

Christo Nagel jr. en Johny Smit, lede van die Witrivier Stoeiklub, is vir die Pumas se stoeispan gekies wat Saterdag 28 Oktober in die Noordvaal-kampioenskappe in Pretoria stoei.

Die afgelope naweek is vier lede van dié klub ook aangewys om in Middelburg aan die SA Jeugkamp deel te neem.

Lees meer: Kruger se stoeiers maak opspraak in Griekeland

Die stoeiers, Marizaan Brits, Jean-Michael Delassus, Christo Nagel jr. en Danilo Pretorius werk nou hard om vir dié toernooi voor te berei.

Christo Nagel jr. en Johny Smit. Foto: verskaf

Hulle nuwe afrigter Christo Nagel sr. is besig om hulle met raad en daad by te staan en hulle vir die jeugkamp af te rond.

Lees meer: SA titels wink vir klub se stoeiers

Die Mpumalanga Stoeivereniging het die vier stoeiers en hul afrigter ook in die span ingesluit wat 6 en 7 Oktober in die SA Jeugkompetisie in Turffontein, Johannesburg gaan deelneem.

“Die bestuur van die Witrivier Stoeiklub wens hulle alle voorspoed toe en glo dat dit met hulle almal goed sal gaan,” het Lindie Delassus van die klub gesê.

Lees meer: Plaaslike stoeiers druk stempel af

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button