Voeg die daad by die woord en maak vandag nog ‘n verskil
Voeg hand by en maak 'n verskil deur die Solidariteit Helpende Hand projek te ondersteun.
Talle van ons se nuwejaarsvoornemens was om ‘n verskil te maak, maar die jaar het aangestap en die lente is reeds hier.
Het jy al die daad by die woord gevoeg?
Wel, dit is nie te laat nie. Solidariteit Helpende Hand nooi jou om jou nuwejaarsvoornemens af te stof en in jou gemeenskap betrokke te raak.
Lees meer: Solidariteit skenk skooltasse aan plaaslike laerskole
Die organisasie is hard besig met projekte wat poog om ‘n helpende hand te wees deur jou gawes en talente aan te wend en hoop te bring waar mense swaar kry en hulle omstandighede hopeloos lyk.
In die Laeveld is Alisha de Lange die streeksorganiseerder wat jou na die naaste tak kan verwys. “Dis so vervullend om by Helpende Hand betrokke te wees en te kan sien hoe mense verander as jy begin omgee,” sê De Lange.
“Ons is ‘n stem vir hulle wat nie een het nie. Ons het tans 38 000 ondersteuners landswyd wat almal nes jy ‘n verskil wil maak.”

Dalk het jy net ‘n uur per week. Dalk kan jy slegs ‘n finansiële bydrae van R50 per maand maak. Dit maak nie saak hoe nie, wat jy wel het, kan Solidariteit Helpende Hand gebruik en vermeerder.
Lees meer: Reik ‘n helpende hand aan die gemeenskap
Kom raak deel van ‘n span wat hulle moue oprol en betrokke raak daar waar die nood groot is.
Skakel vandag nog vir Alisha de Lange by 082-923-1438 of stuur ‘n epos na alisha@helpendehand.co.za.
