Local newsNews

Honderde ruk op teen plaasaanvalle

Dit was 'n emosionele dag vir Nadine Wingrave, 'n voormalige inwoner van Heidelvallei wat onlangs hulpeloos moes toekyk hoe haar man Gavin, deur twee boosdoeners met 'n ystervoorwerp aangerand word.

Groot groepe mense in swart getooi, het Maandag na Witrivier opgetrek om hulle stemme dik te maak teenoor die sinnelose en wreedaardige moorde op Suid-Afrikaanse boere.

Dit was ‘n emosionele dag vir Nadine Wingrave, ‘n voormalige inwoner van Heidelvallei wat onlangs hulpeloos moes toekyk hoe haar man Gavin, deur twee boosdoeners met ‘n ystervoorwerp aangerand word. Wingrave is intussen uit die hospitaal ontslaan, maar dit is nog onbekend of hy permanente skade in die aanval opgedoen het.

Wingrave kry groenlig vir ‘n naweek tuis | White River Post

Besorgde lede, ongeag ras, ouderdom of beroep, het die R40 byna tot stilstand gebring in ‘n vreedsame konvooi na Laerskool Witrivier se sportgronde. Die optog was deel van die Genoeg is genoeg-veldtog wat van stapel gestuur is na ‘n video oor die moord op Klapmuts-boer, Joubert Conradie, sosiale media verlede week aan die gons gehad het.

“Ek is nie oortuig dat dit die situasie gaan verbeter nie, maar dit is ten minste al ‘n begin,” het Nadine gesê.

Sy voel egter dankbaar dat lede van die gemeeskap met #SwartMaandag gewys het dat hulle in solidariteit kan saamstaan. “Dit is tyd dat ons besef dat almal vir die sukes van ons land verantwoordelik is,” het sy gesê.

“My teenwoordigheid was ter eerbetoning van boere, wat soos baie ander elke dag vir hulle lewens vrees,” het Conrad Pretorius, ‘n slagoffer van Low’s Creek gesê.

Quick-thinking hero leads escape from thugs 

PG Massyn het ‘n WhatsApp-groep geskep in ‘n poging om ‘n oplossing vir die geweld te vind en in ‘n oogwink het meer as 500 mense belangstelling getoon. Om die verrigtinge binne die grense van die wet te laat geskied, is daar besluit om by Laerskool Witrivier bymekaar te kom en vir die land te bid.

Past. PW Janse van Rensburg wat die verrigtinge gelei het, het boere gemaan om nie emosioneel op te tree nie, maar eerder vir leiding te bid. Volgens berigte is minstens 70 mense tot dusver vanjaar in plaasaanvalle dood.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button