Local newsNews

VIDEO: Woman reunited with beloved pooch after eight months

Happy endings still exist.

MBOMBELA – On February 7, Lyzelle van Wyk’s dream came true.

She was reunited with her beloved Rocky, a four-year-old Shar Pei and Bull Terrier mix breed dog.

“When we discovered that he was lost, we did everything we could to locate him,” she told Lowvelder. Rocky’s four-legged friend, Shino, was also missing.

Lyzelle posted signs at the SPCA, ProLife Pet Rescue and onto various social media platforms. She begged community members to help her find Rocky and Shino.

 

As time went by, she lost all hope of finding them.

On February 5, they spotted a photo on the local SPCA’s Facebook page. Rocky’s spitting image was at the animal shelter.

“We had to pay the dog a visit to see if it was our Rocky,” said Lyzelle.

Here’s what happened when they were finally reunited.

“We are still very sad about having lost Shino, this has mended our hearts a great deal,” she said.

On February 9, Lowvelder reported:

MBOMBELA – “My liewe Rocky, ons is so bly om jou terug te hê! Waar was jy gewees?” het Lyzelle van Wyk oorstelp gevra toe sy Woensdag met haar geliefde hond herenig is.
Lyzelle, haar dogter Zelika en hul swart-en-bruinhond was agt maande gelede bymekaar.

Rocky is ‘n vier jaar oue kruising tussen ‘n shar pei en ‘n boelterriër. Hy het op 19 Maart verlede jaar saam met sy viervoetige bondgenoot Shino, ‘n Chinese keeshond-en-schnauzerkruising verdwyn.

Die Van Wyks was daardie aand by die Minibos-makiti waar Lyzelle as wenner van die Minibos #Rooirokbokkie-kompetisie aangewys is. Haar opgewondenheid het egter in bekommernis verander toe sy met haar tuiskoms nie een van haar honde gewaar het nie. “Ek het eers aangeneem dat die honde in hul hokke aan die slaap is, maar die volgende oggend besef dat hulle nie daar is nie,” het sy aan Laevelder gesê.

Lyzelle, Zelika en Anita Smit – Lyzelle se suster – het aan die werk gespring om die tweetjies op te spoor. “Ons het oral kennisgewings met inligting oor die vermiste honde opgesit – ook op Facebook, by Pro Life Pet Rescue en by die DBV,” het Lyzelle onthou. “Tot vandeesweek het ons geen tyding ontvang van iemand wat Rocky of Shino gesien het nie,” het sy gesê, en vertel dat haar hoop om haar honde weer te sien, elke dag minder geword het.

Groot was Lyzelle se verbasing toe Anita haar Maandag bel en haar vermoede deel dat Rocky by die plaaslike DBV is. “Daar was ‘n foto van ‘n hond op hul Facebook-blad wat Rocky se ewebeeld was. Ek móés gaan kyk of dit hy was,” het Lyzelle vertel.

Toe sy en Zelika Woensdag by die DBV-hokke aankom, is hulle dadelik na die hond toe. “Dit was ongelooflik om hom weer te sien! Hy het eers ons hande gelek en sy stert geswaai. Dit was gou duidelik dat hy ons onthou het,” het sy gesê.

Om Rocky styf te kon vashou, was vir haar ‘n kosbare oomblik. So ook was Zelika en Rocky se wedersiens iets om te aanskou. Hy het opgewonde opgespring en haar ‘n hondedrukkie gegee. Hierdie oomblik is op film vasgelê.

Die Van Wyks wonder oor die avonture wat Rocky die afgelope agt maande beleef het. Wat hulle wel weet, is dat iemand hom in die Mataffin-omgewing opgelaai en by die DBV afgelaai het.

“Ons het verneem dat hy vir ‘n ruk op Mataffin se melkplaas gebly het, maar dat die man by wie hy was, verhuis het,” het Lyzelle gesê. “Ek is besig om die man in die hande te kry om agter te kom hoe Rocky by hom beland het,” het sy bygevoeg.

Lyzelle vermoed dat haar honde daardie aand in Mei gesteel is. Tot vandag toe weet hulle nie waar Shino is en of sy nog leef nie. Alhoewel dit vir Lyzelle hartseer is, is sy baie bly om vir Rocky terug te hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button