Local newsNews

OPVOLG: Oorsaak van brand in Kaapsehoop nog nie bekend

Die brand wat na raming 60 hektaar se grasveld en plantasie verwoes het, het omstreeks 13:00 Maandag uitgebreek.

KAAPSEHOOP – Warm, droë en winderige toestande was Maandag bevorderlik vir ‘n wegholveldbrand wat vir drie uur lank tussen Alkmaar en Kaapsehoop gewoed het.

WATCH: Raging fire in Kaapsehoop contained |
Die brand wat na raming 60 hektaar se grasveld en plantasie verwoes het, het omstreeks 13:00 Maandag uitgebreek.
Binne minute was die brand buite beheer en die Lowveld and Escarpment Fire Protection Association (Lefpa) moes alle vliegtuie en bykomende grondspanne na die toneel stuur.
Blitsige reaksie, ‘n deeglike gebeurlik-heidsplan en wind wat in die guns van die brandbestryders gewaai het, het daartoe bygedra dat die brand teen 16:00 byna heeltemal onder beheer gebring is en dat die vlieëniers kon onttrek.
Working on Fire en Lefpa se grondspanne is egter steeds op die toneel besig met opruimingswerk. “Weens die huidige weersomstandighede sal die span tot vandag (Vrydag) of môreoggend op die toneel bly om seker te maak die brand vlam nie weer op nie,” het André Scheepers, bestuurder van Lefpa verduidelik. Hy het bygevoeg dat koeler weer teen daardie tyd verwag word.
“‘n Ondersoek deur ‘n privaat instansie sal later bepaal wat die presiese oorsaak van die brand was,” het hy gesê.
Scheepers voeg verder by dat alle brand-permitte weens die brandgevaarindeks wat steeds hoog is, tot verdere kennisgewing opgeskort is.
Die belangrikste eienskap waaroor die gemeenskap nou moet beskik, is same-werking en ‘n goeie gebeurlikheidsplan wat tot die brandbestryders se welslae sal bydra.

Another cold weekend heading to the Lowveld 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button