Nelspruit DBV kry nuwe veeartsvertrek met behulp van TRAC
TRAC N4 het 'n allemuntige R65 000 vir die projek ingesamel.
MBOMBELA – Die Nelspruit DBV het vir ‘n lang ruk gesukkel om ‘n behoorlike dierebehandelingskamer te bekom. Toe lede van die TRAC N4-span hiervan te hore kom, het hulle dadelik ingespring om te help. Verlede jaar het hulle ‘n aansienlike bedrag van R65 000 vir hierdie projek geskenk.
Verlede week, na ‘n jaar van harde werk, is hierdie kamer ingerig. Dit beteken dat die organisasie nou ‘n fasiliteit het wat met die jongste tegnologie toegerus is om diere te steriliseer en in te ent.

“Wat ‘n voorreg,” het die DBV se voorsitter Lize Pienaar gesê. Sy het bygevoeg dat hulle hoop om in 2020 ‘n voltydse veearts aan te stel as deel van die gemeenskapsdiens wat aangebied word. Die gebruik van hierdie kamer sal grootliks bydra om daardie doel te bereik.
TRAC se woordvoerder, Solange Soares-Nicholson, het gesê dat hierdie projek na aan haar en die maatskappy se hart gelê het.
LEES OOK: GALLERY: SPCA overwhelmed by donations
“Ons help altyd mense. Hierdie keer het ons dit goedgedink om na die diere uit te reik. Ons wou iets doen wat ‘n daadwerklike verskil in die DBV maak en dit is hoekom hierdie projek so van pas was,” het Soares-Nicholson gesê.

Beide partye was baie tevrede met die uitkoms van die projek. Die volgende borge word bedank vir hulle bydrae: DJB, Granite Objects, PG Aluminium, Polyfloor, Top Floor and Carpets, MK Electric, Duratrend, HP2, Blinds 4U en Vantee wat van die begin af die leisels geneem het.
READ ALSO: SPCA’s food supply still under 50% capacity
