Local newsNews
Care Buddies onthaal seniors
Witrivier se Care Buddies bederf bejaardes van die dorp gereeld.

Die Witrivierse Care Buddies het 60 van die seniors wat hulle koester, vir Mandeladag na Detroit Spur in Riverside Mall geneem.
Voor die ete kon hulle eers ’n bietjie met die oë koop deur winkelvensters te besigtig, ’n hele gedoente aangesien dit vir vele te ver was om te loop en hulle in rystoele deur die sentrum gestoot is.
Daarna het Spur se personeel almal op ’n puik ete en sorgsame diens getrakteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
