Local newsNews

Mammas van kleuters kry baie om oor na te dink

Cecilia van Wijk Kleuterskool het Saterdag 'n heerlike bederfdag vir 'n groep van ongeveer 100 mammas gehou. Die oggend is afgeskop deur skoolhoof Hannelie McGee wat almal hartlik welkom geheet het.

MBOMBELA – Sy het Lisa Bezuidenhout van Mind Moves aan die woord gestel wat meer inligting oor kleuterontwikkeling met die vroue gedeel het. Sy het verduidelik hoe belangrik dit vir kinders is om te speel, klim en hardloop.

Dit is noodsaaklik vir die neurologiese ontwikkeling van die kleuter om die nodige vaardighede te ontwikkel wat hom of haar in staat stel om hul konsentrasievermoë te verbeter en sodoende ook te help om probleme soos aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring (ADHD) te voorkom.

ALSO READ: Retired captain would like to continue serving the community

Haar werkswinkels is spesifiek gerig om ouers toe te rus om hul kinders te help met hierdie ontwikkeling.

Die oggend is begroet met ‘n sagte misreën wat alles nuut en vars laat lyk het terwyl Hardus Hartzenberg die vroue vermaak het met sy sang. Hy was self ook ‘n kleuter by dié kleuterskool en al sy kinders het ook die voorreg gehad om by die skool te ontwikkel.

Die mammas het deurentyd lekker gekuier en gesmul aan die lekkernye wat deur die gasvroue uitgepak is.

Pryse is uitgedeel en almal is bedank en ook uitgenooi na die skool se 58ste verjaardag op 1 Oktober. Cecilia van Wijk Kleuterskool is ‘n landmerk in Mbombela met ruim klasse soos dit nog in die sewentiger jare gebou is.

ALSO READ: Inwoners van Mpumalanga ouetehuis bederf met lekkergoed, toiletware en tee

Vir meer inligting skakel die kantoor by 013-7524491 of besoek hulle webtuiste by ceciliavanwijk.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button