Local newsNews

Umbali ope dag ‘n reuse sukses

Die troumars het verlede Sondag al van vroeg af by Umbali se ope dag weerklink.

MBOMBELA – Tafels is gedek, trourokke is uitgestal en gaste is met vonkelwyn verwelkom.

Umbali-eienaar Theresa Schoeman het self die gaste met ‘n warm glimlag verwelkom. Hulle kon meer uitvind oor alles wat ‘n bruilof so besonders maak – die koek, blomme, rokke, klere, grimering, uitnodigings en tafelplasings, drank en, natuurlik, die venue.

Maetitia en Anica Cronjé en Sintiché Roets.

Volgens Schoeman is Umbali ‘n gediversifiseerde venue wat troues in die tuin, onder die sterre, in ‘n saal of in ‘n kapel aanbied. “Ons probeer ook werklik ons bes om in moeilike ekonomiese tye vir kliënte waarde vir hul geld te bied.”

Umbali het ook goeie verhoudings met ander verskaffers en daarom sit hulle ‘n troue sommer maklik aanmekaar.

Elzabet Mahomed en Susa Brittz van Glamerous Makeup Artistry saam met die toekomstige bruid Hanri Bester.

LEES OOK: WATCH: A white wedding next to the R40

Elzabet Mahomed en Susa Brittz van Glamorous Makeup Artistry wat die dag bygewoon het, het vertel hulle doen grimering vir enige geleentheid by die venue. “Ons waarborg ook dat ons grimering sal hou van die oggend dat jy trou tot die aand wat jy in die bed klim,” het Brittz vertel. Hair Quarters i’langa en M&L Beauty was ook teenwoordig om te help met ander haar- en grimeerbenodigdhede.

Die blomme op die tafels is deur Flower Market en Language of Flowers verskaf en hulle het bewys dat hulle ruikers vir enige troue kan maak.

Belinda en Andries Erasmus van Thirsty Bartender.

4 Keeps Sakes bied ‘n wye verskeidenheid dienste aan: van uitnodigings en tafelplasings, tot 3D-drukwerk en spyskaarte wat die begroting en styl van jou troue sal pas. Nedine Schoeman-fotografie het beklemtoon waarom ‘n goeie fotograaf belangrik is om jou sprokiesdag vas te vang.

Royal Treats-bakkery en Thirsty Bartender het versker dat daar iets te eet en drink was terwyl platejoggie James Olckers ‘n gesellige atmosfeer met sy musiek geskep het.

Michelle Boshoff (Hair Quarters i’langa), Elna Marx en Liesa van Huyssteen (Hair Quarters i’langa).

By die opedag is daar ook ‘n verskeidenheid trourokke deur D&G Bridal Boutique uitgestal wat enige bruid soos ‘n prinses op haar troudag sal laat voel.

Die aanbieding was voorwaar ‘n goeie geleentheid om jou sprokiesdag te beplan.

Elsa Lategan en Monicque Weweje van 4 Keep Sakes.

LEES OOK: “Sprokiestroue” op die R40

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button