Vlammies hou ma-en-dogtertee
Dié tee word jaarliks deur Jolanda Nel, maatskaplike werker van die skool, en Mandy Barnard, skakelbeampte aangebied.
Die tema van vanjaar se Bergvlam-ma-en-dogtertee, “It’s time to go”, was ‘n gepaste afskeid vir die matriekdogters en hul ma’s wat dit bygewoon het. Vanjaar se tee is by Kuzuri gehou met die bekende gasspreker Daleen Booysen van Op Pad met Jesus.
Booysen het self vier dogters en daarom het haar boodskap so mooi aanklank gevind my die dogters, ma’s en selfs oumas wat die oggend bygewoon het.
LEES OOK: Hoërskool Bergvlam in top 10
Volgens Barnard het Booysen se boodskap dogters gemotiveer om die lewe te geniet en met beide hande aan te gryp. “Sy het verder met die ma’s gesels en hulle gerus gestel dat hulle hul dogters reeds alles geleer het en dat hulle nou moet vertrou dat die dogters sal onthou wat hulle geleer het,” het Barnard gesê.
Die eienaar van MELA Fashion & Beauty, Melaine Pienaar, was ook daar om haar klerereeks bekend te stel.
As oud-onderwyser in lewensoriëntering by Vlammies het die dogters aanklank by haar gevind en hulle het oor die nuutste modegiere en matriekafskeidrokke gesels.
Nel het vir ma’s en dogters verduidelik dat wanneer hulle besig is om kos te maak, moet hulle terugdink aan die verhouding wat elke ma en dogter het en hoe bevoorreg hulle is want borrie en kerrie kleur die lewe interessant in basilie gaan saam met elke smaak.
LEES OOK: Here is Bergvlam’s Student executive for 2018
