Local newsNews

Belowende atlete ook nou NHS se mooistes

Jessica Berry en Jaytee Boers het nie net vanjaar welslae op die atletiekbaan behaal nie, maar die twee is ook as Hoërskool Nelspruit se Mnr. en Mej. NHS gekroon. 

MBOMBELA – Donderdagaand se produksie was van hoogstaande gehalte en een van Suid-Afrika se gunstelingkunstenaars, Robbie Wessels, het oudergewoonte die gehoor met treffers soos “Halley se Komeet”, “Makarina Mambo” en “Asseblief my Lief” vermaak.

Robbie Wessels.

Die skoolsaal was stampvol en die finaliste het hul beste voetjie voorgesit om die gehoor se asems weg te slaan.

Daar is van die finaliste verwag om ‘n advertensie vir elke paartjie se hoofborg uit te beeld waarna hulle die loopplank in informele dagklere sowel as formele aanddrag, geborg deur Bride & Co
betree het.

Die top-20-finaliste het oor die afgelope paar maande hard gespook om fondse vir NHS se liefdadigheidsprojekte asook hul eie projekte wat hulle na aan die hart lê, te werf.

Tayla Kotzee en Reuben van der Merwe is as die eerste prinses en prins gekroon terwyl Milda van Dyk en Maarten Venter as tweede prinses en prins aangewys is.

Die People’s Choice-toekenning is aan die donkerkop Angelique Nel en Jaco Geldenhuys oorhandig. Dit was geen verrassing toe Heini Pieters en Danté Lombard met die prys vir hulle persoonlikheid op die verhoog weggestap het nie.

Die mooie Milda en Derek van der Merwe is as die mees fotogeniese deelnemers aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button