Local newsNews
VOORSKOU: Stokperdjies hou egpaar jonk van gees
"Ek is 'n plaasbobbejaan, jy weet," is een van die eerste dinge wat oom Schalk Joubert sê wanneer iemand by sy huis instap. Die 84-jarige oom Schalk se gehoor is nie meer so goed nie en hierdie frase dien as antwoord op enigiets wat hy nie kan hoor nie.

WATERVAL BOVEN – Dit is dan wanneer sy vrou, tannie Santie, handjie bysit. “Nee man, die kind vra hoe lank ons al hier bly,” sê sy. Dan verduidelik hy dat hulle al 15 jaar in Boven woon, maar voor dit vir langer as 30 jaar op ‘n plaas net buite die dorp gebly het.
Hier het hulle geboer, maar oom Schalk het nog altyd met staal en hout gewerk en soos tannie Santie tereg wys: “Sy hande staan vir niks verkeerd nie.”
Die kuier draai egter nie om oom Schalk en tannie Santie se geskiedenis in die Laeveld nie, maar eerder oor die stokperdjies waarmee hulle hulself besig hou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

