Local newsNews

Krokodil gryp kind wat in Sabierivier swem

Die slagoffer was van Mountain View in die Tshabalala gebied naby Hazyview.

’n Dertienjarige kind is Sondag ten aanskoue van sy maats deur ’n krokodil in die Sabierivier naby Hazyview gegryp.

Volgens kapt. Pottie Potgieter van die polisie se duikeenheid is hulle Sondag ongeveer 16:00 na die gebied ontbied nadat ’n groep kinders wat in die rivier geswem het, alarm gemaak het.

Die kinders het vertel dat ’n krokodil skielik een van hulle maats beetgekry en onder die water ingetrek het.

AO André de Lange en kapt. Joey Potgieter het Sondagaand die rivier gefynkam vir die kind se liggaam, maar het niks gekry nie.

Hulle is Maandagoggend terug na die plek en het weer geduik, maar ook sonder sukses.

Die proses is Dinsdagoggend herhaal, toe die duikers onder water op die kind se liggaam afgekom het.

Volgens Potgieter was dit duidelik dat die kind wel deur ‘n krokodil beetgekry was. Die dier het die liggaam waarskynlik weggesteek, wat die soektog bemoeilik het.

Die slagoffer is as Mpho Gulele van Mountain View in die Tshabalala gebied naby Hazyview, geïdentifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button