Matrieks gerat vir eksamen danksy NHS
'n Gedugte span matriekonderwysers van Hoërskool Nelspruit het vroeër vandeesmaand 'n winterskool vir lede van die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielwerkersunie (SACTWU) aangebied.
MBOMBELA – NHS het in 2017 die projek in samewerking met SACTWU geloods om hulp aan
gr. 12-leerders te verleen in voorbereiding op die rekordeksamen wat reeds afgeskop het. Vakke soos wiskunde, wiskundige geletterdheid, Engels eerste addisionele taal, fisiese wetenskappe, lewens- en landbouwetenskappe is bespreek.
“Die fokus van die winterskool was op die finale voorbereiding, met die oog op die rekord- en eindeksamens gerig,” het NHS se adjunkhoof, Willie van der Merwe gesê.
“Deur hierdie inisiatief steek Hoërskool Nelspruit hande na die gemeenskap toe uit om veral op onderwysgebied ook ‘n verskil in leerders (en die gemeenskap) se lewens, te maak.”
Hierdie is maar een van talle projekte waarby NHS betrokke is om veral onderpresterende skole in ‘n suksesverhaal te omskep.

