Buffalo Hotel verwelkom lente met ‘n kleurvolle fees
Honderde mense het Saterdag by die jaarlikse Corridor Gazette Buffalo Lentefees by die Buffalo Hotel gekuier, met ‘n hele paar wat tot laataand gesokkie het.
HECTORSPRUIT – Die Corridor Gazette Buffalo-lentefees het Saterdagoggend met ‘n skoonheidskompetisie vir kinders en tieners, aangebied deur Master Models, begin.
Die oulike gesiggies, kostelike houdings en pragtige uitrustings het die beoordelaars se taak bemoeilik.

Die wenners in verskeie oudersdomsgroepe het met geskenkpakke, krone en pronkgordels, geborg deur Twin City Wholesalers Malelane, weggestap.
FOTO’S: Buffalo Hotel-lentefees lok honderde om saam te kuier
Besighede was daarna aan die beurt en verteenwoordigers het op die verhoog met uitrustings van herwonne materiaal gepronk.
BUCO Komatipoort is as die wenners aangewys, met Malalane Toyota in die tweede plek en KWV derde.
the two occupants.
Feesgangers kon deur die dag gesellig by die BBP-tafels om die verhoog of tafels en bankies om die nuwe verhitte swembad kuier en by die talle stalletjies op die terrein gaan inloer. Verskeie gemeenskapsorganisasies en besighede het hul produkte uitgestal.
Kinders het op die springkasteel gehop en byna heeldag lank die twee swembaddens oorgeneem.
BUCO Komatipoort het gedurende die oggend krytverfaktiwiteite aangebied en Maljan het ‘n hele paar speletjies soos eet-en-drinkkompetisies, ‘n stoelspeletjie op maat van muiek (musical chairs) en selfs ‘n paar danskompetisies aangebied. Die wenners is huis toe met ‘n verskeidenheid pryse.
Teen laatmiddag het feesgangers musikale vermaak deur plaaslike sanger Andreas Rautenbach, asook die nimlike BiBi geniet. Elizma Theron het daarna feesgangers vermaak met grappies en haar pragtige musiek. Generiese Orkes het tot laataand mense aan die dans gehad.
Deur die loop van die dag kon hulle sakkies hondekos, geborg deur Buffalo Hotel, aankoop om aan Pro Life Pet Rescue in Mbombela te skenk.
Teen skemer was daar nog heelwat kos beskikbaar en Cas Kolbé van Mahindra Nelspruit, een van die gaste, het die res “gekoop” en aangebied om die hele spul kos na Pro-Life te vervoer. Hy is deur Maljan en BiBi met ‘n geskenkpak bedank.

‘n Lotery het ook aan feesgangers interessante pryse soos ‘n verkoeler, vakansiewegbreek en ‘n wyngeskenkpak besorg. Die geld wat ingesamel is, sal aan Huis Betlehem in Mbombela en Wild and Free Rehabilitation Centre in Hectorspruit geskenk word.
LEES: MTB Buffalo Festival is ‘n vrolike geleentheid
Die fees se organiseerders wil graag die volgende borge bedank: Laeveld Media en Corridor Gazette, Malalane Toyota, Winchester Marketing, KWV, JSL Transport, Mascor John Deere en Mascor Caltex en Midea.
Dankie ook aan die al die ondersteuners en helpers vir hulle bydraes tot die fees se sukses.








