Local newsNews

Skool glo in welwillendheid dwars deur die jaar

Die skool het vanjaar reeds verskeie projekte aangepak waardeur die nood van die gemeenskap verlig is.

Laerskool Witrivier glo dat die doelwitte en beginsels van Mandela-dag dwarsdeur die jaar toegepas moet word en nie net tot 18 Julie beperk moet word nie.

Die skool het daarom vanjaar reeds verskeie projekte aangepak waardeur die nood van die gemeenskap verlig is.

Instansies wat die afgelope jaar ondersteuning ontvang het is Rustig Ouetehuis, Huis Betlehem, Millennium Home of Hope, verskeie skole en agtergeblewe gemeenskappe, kerke in die omgewing, individue soos Harry Beukes, Antoiné Dingle en ander.

Vanjaar het die skool ‘n gedenkmuur met aanhalings van Nelson Mandela, wat spesifiek die onderwys aanraak, onthul. Die doel hiervan is om die gesprek wat hy oor die toekoms van kinders begin het, voort te sit.

Die aanhalings “Words of wisdom” is op granietblokke aangebring met die staatsman se kop ook op een van die granietblaaie.

Die geleentheid is geopen deur ds. Nati Stander, voorsitter van die beheerliggaam van die skool en die waarnemende direkteur van die Ehlanzeni Onderwysdepartement, Dr Jabulani Ndlovu.

Die skool het ook vir Daleen Opperman van Dolphin Printing en Johan Kruger, wat by die projek betrokke was, vir hul ondersteuning bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button