Local newsLocal sportNewsSport
Kyk: Kleintjies swaai hokkiestokke dat dit klap
Die skool se sportveld het behoorlik gewemel van ywerige spelertjies.

Altesaam 40 spanne jong hokkieentoesiaste van nege skole uit die Laeveld het verlede Saterdag by Laerskool Numbi byeengekom om hul vaardighede in dié sport op te skerp.
Die skool se sportveld het behoorlik gewemel van ywerige spelers wat beurte gekry het om hul nuutaangeleerde tegnieke teen verskillende teenstanders uit te toets.
Hulle is natuurlik ywerig deur ouers, grootouers en onderwysers aangemoedig en selfs soms skerp tereggewys as dit voorgekom het asof hulle nie die sport met genoeg erns aanpak nie.
Almal het egter die dag terdeë geniet en dit was duidelik dat van die spelers nog lank hokkiestokke gaan swaai.
Meer foto’s:
En hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
