Local newsNews
Kolwe klap en balle waai as die jongklomp krieket speel
Selfs ’n koue en reënerige dag kon die kleuter- en laerskoolkinders nie onderkry nie.

Laerskool Numbi het onlangs ook hul jaarlikse minikrieketdag gehou.
Hoewel dit ’n koue en reënerige dag was, het dit nie die kleuter- en laerskoolkinders ondergekry nie.
Die dag het voortgegaan en die kinders het dit steeds baie geniet.
Die skole wat teen mekaar gespeel het, was Beertjie Skool, Mickey Muis Skool, Witrivier Preprimêre Skool, Little Cubs, Laerskool Witrivier en Laerskool Sabie.
Die ouers het die kinders goed ondersteun en almal kon ook lekker verversings daarmee saam geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
