Local newsNews

KYK: Motorfietsryers sit veldtog teen plaasmoorde voort

Duisende motorfietsryers het die naweek regoor die land byeengetrek om vir landelike veiligheid te verenig.

MBOMBELA – Ter plaatse het sowat 80 lede van verskeie motorfietsklubs Sondag vanaf Crossing-sentrum Witrivier toe gery waar hulle by Laguna Lodge ‘n kerkdiens gehou het.

Met hulle terugkoms Mbombela toe het hulle ‘n memorandum aan die Nelspruit SAPD oorhandig.

Michiel van de Venter, president van die No Mercy-motorfietsklub het die plaaslike afvaardiging gelei.

Soortgelyke ritte is landwyd gehou. Die nasionale massarit het Saterdag onder leiding van 911 Riders in Gauteng plaasgevind.

Volgens hul woordvoerder, past. TJ Maré, het ‘n allemintige  3 500 motorfietse landwyd aan die ritte deelgeneem.

KYK

Die 911 Riders is ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede in Mbombela gestig toe plaaslike motorfietsryers besluit het om van die een landelike polisiestasie na die volgende te ry, om bewustheid oor plaasmoorde en landelike veiligheid te bevorder. Hulle het dit sedertdien in elke provinsie gedoen.

LEES MEER: Bikers rally support for provincial police

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button