Local newsNews

Antoiné dalk gou sonder trachi

Vandag is die groot dag: Antoiné Dingle (3) se diafragmapasaangeër sal na verwagting aangeskakel word. 

WITRIVIER – Hierdie klein woelwater het op 4 September die groot operasie ondergaan om die toestel in te plant om haar te help asemhaal.

Antoiné het sentrale apneehipopnee-sindroom. Dit is twee verskillende toestande en is lewensgevaarlik en baie raar: Sy is maar die vierde kind in die land wat daarmee gediagnoseer is. Sy kry apnee, wat beteken sy hou op asemhaal, en hypopnee, wat veroorsaak dat sy te stadig asemhaal.

Sy het daarom, sedert April, ‘n trachi, ‘n gaatjie in haar keel om haar te help asemhaal.

LEES OOK: Klein Antoiné sal binnekort weer ‘n gewone kinderlewe kan hê

Dit perk egter ‘n kleuter se lewe baie in: sy kan nie te rof speel nie, want die trachi kan uitkom en die gaatjie gaan baie vinnig weer toe. Dit moet elke dag skoongemaak word, wat baie seer is. En dit is gevaarlik: sou daar water inkom gaan dit reguit na haar longe toe.

Boonop het die Dingles se mediese fonds aanvanklik nie haar toestand herken nie, omdat hulle nie ‘n kode gehad het vir sentrale apneehipopneesindroom nie.

Buiten die emosionele uitmergeling, het dit swaar op die gesin se finansies gedruk.

SIEN MEER: One mother’s ‘private hell’ brings hope to another

Die gemeenskap het egter diep in hulle eie sakke gedelf om die Dingles finansieël by te staan en saam kon almal genoeg geld insamel om die diafragmapasaangeër van die VSA in te voer.

Wanneer dit vandag aangeskakel word, sal Antoiné nie meer die trachi benodig nie.

Sy is verlede Dinsdag weer in die hospitaal opgeneem met longontsteking, maar is Saterdag ontslaan.

Sy kon toe ‘n paar dae by die huis wees, voor vandag.

SIEN OOK: Gemeenskap maak vir Antoiné hul harte en hande oop by Innibos

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button