MBOMBELA – Saterdag het die spreekwoordelike sewe sakke sout wat Jason Esterhuizen en Sumarie Venter al saam opgevreet het, vrugte afgewerp toe hulle voor familie en vriende ewige trou aan mekaar beloof het.
Hulle het vroeër vanjaar na die VSA verhuis waar Esterhuizen deel is van ‘n proefstudie om gedeeltelik sy sig te herstel.
Laevelder het voorheen berig dat Esterhuizen op 23-jarige ouderdom sy sig na ‘n motorongeluk verloor het.
LEES OOK: Jason Esterhuizen sal dalk weer kan sien
In Maart het hy ‘n Orion-kortikale inplantaat gekry wat deur ‘n eksterne toestel beheer word en elektrodes stimuleer om hom te help om beweging te sien en tussen lig en donker te onderskei.

Venter het Esterhuizen deur alles bygestaan en volgens die twee gaan hulle verhouding na hul verhuising van krag tot krag.
“Ons gaan nou as man en vrou terug en dan weer ‘n heel nuwe hoofstuk aanpak. Ons is baie opgewonde oor die toekoms,”
het hulle kort voor die troue laat hoor.
Die paartjie sal binnekort na die VSA terugkeer.
LEES OOK: Jason Esterhuizen sterk goed aan in die VSA
