Kleuters reis rondom die wêreld
Witrivier Preprimêre Skool se kleuters het tydens hul konsert besoek afgelê by verskillende kulturele groepe in Suid-Afrika, asook Europa, Asië en Amerika gaan verken.
Witrivier Preprimêre Skool se jaarlikse konsert het vir ‘n vermaaklike reis Om die Wêreld in Een Aand gesorg.
Daar is eers besoek afgelê by verskillende kulturele groepe in Suid-Afrika, waarna die kleuters hiervandaan weggevlieg het om Europa, Asië en Amerika te gaan verken.
Hulle het London Bridge besoek, onder die Eiffeltoring in Parys geskilder en gemimeer, in Holland en Spanje gedans, by Heidi in Switserland gaan kuier en na die tradisionele danse in Indië en Japan gekyk.
Saam met die Grieke het hulle borde stukkend gegooi, in Amerika en Hawaii was hulle vrolik en het hulle selfs tradisionele Indiane gesien jag.
Uiteindelik was hulle egter weer terug op eie bodem, waar almal feestelik deur Impi’s verwelkom is by “Mama Thembu’s wedding”.
