Local newsNews

Geheimsinnige R2-munstukke in Dis-Chem laat mense gons

Indien iemand enige inligting oor hierdie muntstukskim het, skakel Arisa by 082-780-0723.

Barmhartige Samaritaan of vreemdeling wat sy geloof op ander probeer afdwing? Dit is die vraag wat ontstaan het na aanleiding van R2-muntstukke met die boodskap “Jesus loves you” wat in Dis-Chem gevind kan word.

Volgens die assistentbestuurder van dié winkel, Lorna Stoltz, vind mense hierdie munstukke al vir sowat drie maande oral in hulle winkel versteek.

LEES OOK: Alex eet, slaap en praat resies

“Ons het geen idee wie dit kan wees nie. Ek hou baie daarvan, maar dan kry jy ander mense wat dink dit is baie vreemd,”

vertel Stoltz.

“Dit kom in ‘n plastieksakkie, so dan kry jy ook daardie mense wat bang is vir kieme,” lag sy.

Een van die werknemers by Dis-Chem, Priscilla Mkhonza, het ‘n ander siening oor hierdie geheimsinnige munstukke.

“Elkeen van ons het ons eie geloofsoortuigings en ek voel nie dit is reg wat hy of sy doen nie. Kom gee eerder die muntstuk vir my in my hand of gee dit vir een van die karwagte hierbuite wat dit regtig nodig het,”

sê sy.

LEES OOK: ‘n Blommerangskikking ter viering van die geur van ‘n vrou

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button