Local newsNews

Ruk en rol op klassieke klanke

Mel Botes, Valiant Swart, Piet Botha, Robin Auld en die Akkedisbroers, Rudi en Arthur Dennis sal die elektriese kitare slaan en jou terugvoer na toe klassieke rock gebore is.

Kaartjieverkope vir 6 Oktober se BosRock is oop.

As jy van rock uit die 60’s, 70’s en 80’s hou, kan jy nie hierdie unieke rockbelewenis by Kwanyoni Lodge misloop nie.

Dis raar genoeg om Riders (on the Storm) te sien optree, watwou in die Laeveld!

Mel Botes, Valiant Swart, Piet Botha, Robin Auld en die Akkedisbroers, Rudi en Arthur Dennis sal die elektriese kitare slaan en jou terugvoer na toe klassieke rock gebore is.

Boonop word hulle ondersteun deur die hardebaarde The Black Cat Bones, sowel as plaaslike gunstelinge Jonathan Peyper, Goat N Hare en Gibraltar.

Botes se Storm Produktionz reël die konsert. Die hoofborg, Mahindra Nelspruit, se Cas Kolbé verduidelik dat hy persoonlik sterk identifiseer met die konsert wat op ouer rockers gemik is.

As tiener was hy veral dol oor Slade en Foreigner, wat hy op hoërskool ontdek het. Sedertdien het hy ‘n groot aanhanger van Piet Botha en Valiant Swart geword, en natuurlik Gibraltar.

Laasgenoemde is in 1995 gestig en tree sedertdien oral op. ‘n Mens kan skaars in die Laeveld kuier sonder om op hulle vertolking van rock en blues getrakteer te word.

Boonop kan konsertgangers die dag gratis by i’langa Mall parkeer en teen slegs R20 met Citybug na Kwanyoni Lodge en terug vervoer word.

Kaartjiepryse beloop R300, R250, R200, R150 en R100.

Kinders jonger as twee betaal nie, en kaartjies vir kinders tussen drie en 12 jaar kos slegs R40.

Die deure maak al 12:00 oop. Die konsert begin om 14:00.

Besoek computicket.com om jou kaartjie te koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button