Local newsNews

Jong skool se leerders maak hul stemme dik op kulturele gebied

Die Opus Dei Leersentrum het sy deure op 2 Mei vanjaar met 19 leerders geopen en leerlinge het sommer uit die staanspoor gereed gemaak om aan die eisteddfod deel te neem.

Skaars ses maande na die vestiging van ‘n klein leersentrum in Witrivier, het sy leerlinge hul slag tydens die jaarlikse eisteddfod gewys.

Die Opus Dei Leersentrum het sy deure op 2 Mei vanjaar met 19 leerders geopen en leerlinge het sommer uit die staanspoor gereed gemaak om aan die eisteddfod deel te neem.

“Soos die Latynse betekenis van ons naam, Werk van God lui, word ons leerlinge geleer om alles wat ons doen, vir sy koninkryk te doen,” sê Lizelle Viljoen.

“Met ander woorde, ons gee altyd ons beste in alles wat ons aanpak al is dit iets nuut en vreemd soos om aan die eisteddfod deel te neem.”

Van die 19 leerlinge het nog net twee leerlinge vantevore in ‘n eisteddfod deelgeneem. Desnieteenstaande het die nuwelinge met selfvertroue tot die eisteddfod-wêreld toegetree en met doelgerigte oefening hulleself laat geld.

Die leerlinge het altesaam aan 24 items deelgeneem en spog met ‘n algehele gemiddeld van 83 persent. Dit sluit in een B, twee B+’e, dertien A’s, ses A+’e en twee A++’e.

“Met hierdie mylpaal bereik terwyl ons nog in ons babaskoene staan, sien ons uit na wat die toekoms inhou,” sê Lizelle.

Opus Dei is tans ingerig om net 20 leerlinge te akkommodeer maar met beplande groei en aanbouings later die jaar beoog hulle om in 2019 dubbel soveel leerlinge as in 2018 by die Nelspruit Eisteddfod te kan inskryf.

Hul volledige uitslae is as volg:

• Marnique Clark – Gedramatiseerde Poësie 80 A

• Zelrie Viljoen – Gedramatiseerde Poësie 80 A, Monoloog 88 A+, Dramatized Poetry 85 A+

• Renske Lourens – Ongedramatiseerde Poësie 85 A+

• Buks Bezuidenhout – Ongedramatiseerde Poësie 70 B

• Lee-Anne Nortje – Ongedramatiseerde Poësie 78 B+

• Martin Zeelie – Ongedramatiseerde Poësie 83 A

• Simonè Jansen – Monoloog 80 A

• Tamaryn Thornhill – Ongedramatiseerde Poësie 85 A+, Gedramatiseerde Poësie 82 A, Monoloog 78 B+

• Zander Viljoen – Ongedramatiseerde Poësie 87 A+, Monoloog 88 A+, Undramatised Poetry 91 A+ +, Monologue 90 A+ +

• Lucinda van der Westhuizen – Ongedramatiseerde Poësie 83 A

• Marnus Grobbelaar – Ongedramatiseerde Poësie 80 A

• Marli Scott – Ongedramatiseerde Poësie 83 A

• Corlia Scott – Ongedramatiseerde Poësie 82 A

• Duart Rossouw – Ongedramatiseerde Poësie 80 A

• Bruce Tonkin – Ongedramatiseerde Poësie 82 A

• Martinique Verreynne – Ongedramatiseerde Poësie 80 A

• Nicholas Tonkin -Ongedramatiseerde Poësie 82 A.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button