Bergvlam se matrieks neem afskeid
'n Totaal van 190 van Hoërskool Bergvlam se matrieks het Vrydagaand met 'n Alice in Wonderland-partytjie van hulle skooldae afskeid geneem.

MBOMBELA – Die spoggeleentheid is by Emnotweni Casino gehou, met personeel en hulle gades wat saam met die leerlinge die einde van hul 12 jaar op die skoolbanke gevier het.
Deftig uitgevat het hulle met spogkarre aangekom. Lizl Rudman en Marinda Vermeulen het die aankomelinge aangekondig.
By die ingang was ‘n 2,3-meter hoë sleutelgat, wat deur die Vlammies se eie faktotem, Wilhelm Oosthuyzen, gemaak is, waardeur hulle moes loop om die saal binne te gaan.
Op pad na die onthaal moes hulle deur ‘n tonnel loop wat met ligte, spieëls en wit klippe deur AVS Hire opgemaak is, om behoorlik die gevoel te skep asof jy by die haasgat afgaan.
Binne is die saal soos ‘n wonderland versier met massiewe papierblomme wat die gr. 11-personeel gemaak het en wat die skool by i’langa Mall geleen het.
Die tafels was gedek met voëlhokkies, teepotte en -koppies en hasies.
Shanie Briel, die gr. 11-voog was saam met al die graad se personeel vir die glansgeleentheid verantwoordelik, terwyl die gr. 11s as kelners gedien het. Hulle het hulself voorwaar uitstekend van hul taak gekwyt.
Briel het ook die verwelkoming en gebed behartig, voor hoof Deon Visser ‘n kort toespraak gelewer het.
Daarna kon die leerlinge na hartelus partytjie hou om hul matriekjaar te vier.
Sien die foto’s hier
Sien ook foto’s van ander skole se matriekafskeidspartytjies 2018
Lowveld High’s Winter Wonderland

















