Antoiné kan uiteindelik weer swem
Die drie-jarige se trachi, weens sentrale apnee-hipopneesindroom, het haar kleuterlewe erg belemmer.

WITRIVIER – Antoiné Dingle (3) kon Sondag vir die eerste keer in maande weer ‘n bietjie swem.
Laevelder het in die verlede berig oor die kleuter.
LEES MEER: Antoiné dalk gou sonder trachi
Sy het daarom in April ‘n trachi gekry om haar te help asemhaal.
Sy kon byvoorbeeld nie swem of stort nie, omdat daar nie water in haar keel mag afloop nie.
Sy kon ook nie met die trachi rof speel nie, iets wat hierdie woelwater gereeld doen, omdat die toestel maklik kon uitkom. Boonop moes dit daagliks skoongemaak word, ‘n baie pynlike prosedure.
Dít is egter nou iets van die verlede. Sy het op 24 September ‘n diafragmapasaangeër gekry.
SIEN OOK: Klein Antoiné sal binnekort weer ‘n gewone kinderlewe kan hê
Dié is Donderdagaand getoets en die trachi is verwyder. Sy is Saterdag ontslaan en kon Sondag haar nuutgevonde vryheid vier deur ‘n bietjie in die swembad af te koel.
Antoiné se ma sê hulle is só dankbaar. “Hoewel die trachi uit is, is sy steeds nie draadloos nie. Sy moet steeds met ‘n ventilator slaap, maar ten minste kan sy nou bedags weer kind wees.”

