Local newsNews

Hondeterapie en saamwees ‘n plesier vir senior burgers

Senior burgers van die NG Kerk Westergloed is Dinsdagoggend op versnaperings en vermaak uit die boonste rakke getrakteer.

MBOMBELA – Die geselligheid was die inisiatief van Carpe Diem, die kerk se ondersteuningsgroep vir bejaardes. Die gryskoppe is 09:00 begroet met tee, koffie en heerlike eetgoed waarna hulle deur die honde van Lowveld Dog Training vermaak is. Die diere het allerhande toertjies uitgevoer en die gehoor het ook ‘n kans gekry om ‘n bietjie met hulle te speel.

Fienie Fourie en Nina.

“Die doel van die dag is om hondeterapie met die bejaardes te doen,”

het Martie van Putten van Carpe Diem verduidelik.

LEES OOK: Care Buddies gee terug aan meer as 500 mense

Sy het bygevoeg dat die aanraking met diere goed is vir senior burgers en dat sy kan sien hoe die toertjies hulle dag opkikker.

Lulu was een van die honde waarmee die bejaardes kon speel.

Bea Fourie en Arlene Stols het met haar saamgestem. Vir hulle was die grootste bederf dat hulle mekaar kon ontmoet en dat hulle die geleentheid gehad het om land en sand saam met ander in hulle portuurgroep te gesels.

Bea Fourie en Arlene Stols.

“Dis die vriendelike gesiggies en saamwees wat vir ons lekker is, en dan boonop nog die honde ook,”

het ‘n opgewonde Fourie vertel.

Die Carpe Diem-groep: Rita van Rooyen, Meisie Barnard, Martie van Putten, Nita Geldenhuys, Jeanette Swanepoel en Katie Visagie.

LEES OOK: Inwoners van Mpumalanga ouetehuis bederf met lekkergoed, toiletware en tee

Die bejaardes het een en elk gestraal toe hulle die honde sien en die woorde van Spreuke 14, waarmee Van Putten die dag geopen het, het gestalte gekry:

“Sorg goed vir al jou diere want hulle maak jou lewe vol.”

Annetjie Broekman en Fielie van Niekerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button