Local newsNews

Buurtwag help met meer as sekuriteit

Dié brande het oor 'n paar dae op verskeie plekke gewoed en het groot skade by plantasies sowel as landerye aangerig.

AfriForum se buurtwag in Witrivier het onlangs aan die Heidelvallei-plaaswag hulp verleen om wegholbrande

te blus.

Dié brande het oor ‘n paar dae op verskeie plekke gewoed en het groot skade by plantasies sowel as landerye aangerig. Dele van Brondal, Heidelvallei en Spioenkop het deurgeloop.

Verskeie rolspelers, insluitend die Mbombela-brandweerdiens, die Laeveld-Platorandse Brandbeskermingsagentskap en verskeie plaaswagte, het saamgewerk om die situasie die hoof te bied.

Dertien AfriForum-buurt-waglede het meer as 80 uur gewerk om die brande te help blus.

Plaaslike ondernemings het ook hulle kant gebring deur drinkwater vir die brandbestryders te skenk.

“Hierdie is weer eens ‘n bewys dat ons slegs deur samewerking mekaar kan help en beskerm,” het Joe Pelser, voorsitter van AfriForum se Witrivier-buurtwag agterna gesê.

“Wegholbrande is ‘n groot probleem in die land en veral in Mpumalanga. AfriForum wil boere daarom maan om versigtig te wees en saam te werk as daar ‘n brand in hulle omgewing uitbreek,” het Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Oos bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button