Spertyd wink vir Fredenheim padwerke
Sodra die werk aan die pad voltooi is, moet die treinbrug wat tans te smal is vir die hoeveelheid verkeer is, boonop verbreed word.

MBOMBELA – Die herstelwerk aan Friedenheimweg wat veronderstel was om Woensdag voltooi te wees, lyk of dit ten minste nog ses weke gaan voortsleep.
“Dit is nou as alles glad verloop,” sê die raadgewende ingenieur, Lammie Oosthuizen.
Here’s how the closure of Fredenheim Road might affect you
Die pad word verbreed maar die projek is reeds maande agter skedule omdat werk kort-kort onderbreek word, grootliks weens beweerde wanbetalings.
Die Valencia-industriële gebied is slegs deur Valenciastraat bereikbaar. Die oostelike nywerheidsgebied by die lisensiekantoor is slegs via die R2296 en Suikerrietstraat toeganklik. Verkeer vanaf Samora Machelrylaan kan Friedenheim slegs vanaf Kragbron- en Timmerhoutstraat bereik.
Wat frustrasievlakke beproef is die feit dat die kontrakteur vir ‘n paar dae werk en daar dan soms vir weke net mooi niks op die projek gebeur nie,” het Willem Venter, die bestuurder van Masterturf wat midde-in die chaos sit, gesê.
“Die publiek word geweldig verontrief, tot ‘n skandalige vlak, en ons besigheid ly daaronder.” Venter dreig met regsaksie nadat talle briewe aan die munisipale bestuurder, Neil Diamond glo op dowe ore geval het.
Laevelder was Woensdagmiddag op die perseel waar dinge teen ‘n slakkepas beweeg het. Oosthuizen vertel dat die pad na afloop van ‘n verkeerstudie verbreed moet word. Volgens hom is ongeveer ‘n derde van die werk reeds voltooi. “Die stutlaag is reeds voltooi, maar die kroonlaag en die asfalt bly nog oor.”
Horrific R40 accident leaves four dead
Mbombela Plaaslike Munisipaliteit, wat vir die kontrakteur se betaling verantwoordelik is, se Joseph Ngala het bevestig dat die betaling aan die kontrakteur wel gemaak is.
“Sodra die werk aan die pad voltooi is, moet die treinbrug wat tans te smal is vir die hoeveelheid verkeer is, boonop verbreed word,” het Oosthuizen gesê.
Dié projek sal glo in die nuwe jaar afskop.
