Local newsNews

Damvlakke daal steeds skerp ondanks onlangse reën

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW) is daar tekens dat veral die begin van die somer ondergemiddelde reën sal ervaar.

Weerkenners meen dat sou die El Niño nie gou sy greep verslap nie, die Laeveld van Mpumalanga ‘n droë somer in die gesig staar.

Die damvlakke daal steeds skerp, ondanks die afgelope twee dae se reënval.

 

Gister (15 Oktober) se reënval was as volg:

• Witrivier – 6 mm
• Lost Trail – 4,2 mm
• Rossgro Plaston – 8 mm
• Barberton – 2 mm
• Isinga – 4 mm.
• While River – 3,5 mm
• Highlands – 4 mm
• Richtershoek Lomati – 4 mm
• Leopard Creek – 4 mm vir die afgelope twee dae
• Skukuza – 1 mm
• Primkopdam- 6 mm
• Dullstroom – 2,5 mm
• Longmere-dam – 8 mm
• Klipkoppiedam – 2 mm

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW) is daar tekens dat veral die begin van die somer ondergemiddelde reën sal ervaar. Die SAW verduidelik dat die ENSO-verskynsel reeds besig is om uit sy neutrale fase na ‘n El Niño te beweeg, wat min reën tot gevolg kan hê.
Daar word verder verwag dat bo-gemiddelde reën teen die einde van die somer en vroeë herfs kan verwag word, wat gepaard kan gaan met bo-gemiddelde temperature.

Hoewel die presiese impak van die El Niño tans onbekend is, meen kenners dat Oktober, November en Desember in somerreënvalgebiede soos die Laeveld, deur droogte geraak kan word. Omdat die El Niño in November, Desember en Januarie sy piek sal bereik, bestaan daar egter groot onsekerheid oor die presiese impak.

Klinklare bewyse van ‘n reeds kommerwekkende ondergemiddelde reënval vanjaar is die Laeveld se damvlakke. Hier is vandag se damvlakke, in vergelyking met verlede week:

Hoewel die streek se damme op gemiddeld 5 % hoër as die van verlede jaar is, veroorsaak min reën en die kwik wat soms tot in die hoë dertigs, vroeë veertigs styg, ‘n skerp afwaartse daling.

Die Laeveld kort dus heelwat reën om die damvlakke weer te laat normaliseer.

Vlakke het die afgelope jaar met ‘n gemiddeld van tussen 10 en 20 % gedaal, en verminder steeds op ‘n daaglikse basis weens ondergemiddelde reën. Streng waterbeperkings kan binnekort ‘n realiteit word, en hoë temperature sal tot en met Mei volgende jaar voortduur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button