Local newsNews

Spoedkameras wat lewens kon red, geteiken

Talle ongelukke op die pad, waaronder 'n voorval waarin nege insittendes van 'n minibustaxi in 2014 dood is, was een van die hoofredes hoekom spoedbeheer hier toegepas is.

ROCKY DRIFT – Die kameras wat onlangs op die R40 tussen Witrivier en Mbombela aangebring is, het tot op hede nagenoeg 17 000 spoedvrate aan die pen laat ry.

Een van die kameras is egter vroeër vandeesweek verwoes nadat ‘n brandstigter dit glo met ‘n petrolbom bestook het.

 

Hoewel die motief nie duidelik is nie meen baie dat dit dié kamera se verdiende loon was, terwyl ander voel dat hierdie manier van wetstoepassing lewens red en dat die skuldige baie motoriste in die voet geskiet het.
Die provinsiale departement van veiligheid en sekuriteit se LUR, Pat Ngomane het motoriste versoek om na vore te kom met enige inligting wat die vandale kan help vastrek.
Talle ongelukke op die pad, waaronder ‘n voorval waarin nege insittendes van ‘n minibustaxi in 2014 dood is, was een van die hoofredes hoekom spoedbeheer hier toegepas is. Die ongeluk het op die einste kruising waar die kameras geplant is, plaasgevind.

Nine confirmed dead at horror accident 
“Daar was ‘n groot behoefte aan die kameras,” het Ngomane gesê, veral nadat nog vier mense verlede naweek op die R40 beswyk het.
Ngomane het ‘n beroep gedoen op wetstoepassers om die skuldiges op te spoor. Die SAPD op Witrivier het bevestig dat geen arrestasies nog gemaak is nie.

Department to smell out speed camera arsonists

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button