Nog ‘n sensei vir Hazyview Karate Dojo
Graderingskandidate is vir 'n volle week aan strawwe oefening onderwerp.
Hugo Lusse van die Hazyview Karate Dojo het die afgelope naweek in Benoni onder die waaksame oë van Sensei John Barnett (7de dan) en Sensei Nigel Jackson (10de dan) na sy tweede dan gegradeer en is nou ‘n volwaardige sensei.
Voordat hy hiervoor kon kwalifiseer moes hy vir twee jaar klasse bywoon en aan kompetisies en gashukus (oefenkampe) deelneem.
Hy vertel dat die graderingskandidate vir ‘n volle week aan strawwe oefening onderwerp is en elke beweging fyn dopgehou is om te verseker dat ‘n hoë standard gehandhaaf word.
Lusse het die nodige deursettingsvermoë getoon en ‘n hoë standard gehandhaaf, ongeag die uitdagings van die strawwe week wat hy agter die rug het.
Senseis Sandra en Danie Jansen van Vuuren het hom verwelkom en gesê dat die Hazyview Dojo baie trots is op hom.
Dit was verder vir die klub ook ‘n baie goeie maand, met lede wat heelwat medaljes by ‘n vroeëre kompetisie in Mbombela verower het.
Medaljewenners
• Kreagan Tapson – twee goue medaljes
• Ameigh Tapson – goud en brons
• Connor Tapson – goud en silwer
• Caleb Scheepers – goud en silwer
• Jeandre Shand – goud en silwer
• Micayla Shand – twee goud
• Chloe van Eeden – goud, silwer en twee brons
• Kayla Pretorius – twee goud
• Telylem Hanekom – twee goud
• Sarah-Lee Dorfling – goud en silwer.
Die beginners het ook uitstekend gevaar
• Hannes Scheepers – twee goud
• Madison Knight – silwer en brons
• Alex Tejessey – twee brons
• Noah Reininghaus – twee silwer
• Daniel Scheepers – goud en silwer
• Ruben Lorist – goud en silwer
• Lin-marie Lorist – twee goud
• Micayla Wyndham – silwer en brons.
