Kleinspan oortref met pret, prettiger, prettigste revue
Laerskool Nelspruit en Nellie Miere het verlede Woensdag tot Vrydag met hul jaarlikse gekombineerde revueproduksie gespog.

MBOMBELA – Dit is by Communio-kerk opgevoer en ouers en familie het behoorlik daarheen gestroom om te sien hoe kleinsus- en boet optree.
Dit het begin met ‘n oulike nuusberig waar ons grootmense herinner is om nie net al die slegte en donker nuus raak te lees nie, maar ook moet besef dat die toekoms die erfenis is vir ons kinders. En hulle perspektief lyk anders as ons s’n.

Die “nuusspan” wat het die gehoor op ‘n toer deur Suid-Afrika geneem.
Die gr. 0’e en RRR’e het weggespring met hulle bekkige weergawes van “Die wiele van die bus” en “Kimberley se trein”.
Die gr. RR’e is met ons bosveld toe met hulle weergawes van “Hardekole” en “The Lion Sleeps Tonight”.
SIEN OOK: Nellie-koor maak glansryke debuut
Daarna is ons Noordwes toe saam die gr. R’e met “Go West” en “Kaboemielies”.
Ons het ‘n draai met die gr. 1’s in die Nood-Kaap gemaak met “Boesmanland”, “Namakwaland” en “Diamonds are a girl’s best friend”.
Ons is hartlik verwelkom deur die gr. 2’s in die Wes-Kaap met “Welcome to Cape Town”, “Butterflies” en “Drie Pikkewyne”.

Vandaar het ons Oos-Kaap toe gereis waar ons in die branders baljaar het saam die gr. 3’s se “Surfin Eastern Cape”, “Jy is die storm”, en “How far I’ll go”.
Na pouse het ons Natal besoek met die gr. 4’s met “Fun, fun, fun”, “Amanzimtoti” en “Cool soos Koos Kombuis”.

Ons is vandaar in die rigting van Vrystaat binneland toe waar ons vir die gr. 5’s gaan kuier het met “Meisie Ferguson”, “Cheetah” en “Mphe di hoenor”.
Ons het noord gekyk en na Gauteng gereis saam die gr. 6’e met “Nine to five”, “Thunder” en “Dans op die Tafels”.
LEES OOK: Drie van Nellies se spanne in eindstryd
Die gr. 7’s het ons huis toe gebring met die “Briljantjie”, “Walking on sunshine”, en “Can’t stop the feeling” waar die Nellies ons land gevier het met ‘n massa-afsluiting “Together as one”.
Tanya Flischam en haar span het ‘n uitstekende produksie aanmekaar gesit om ‘n ware spogaand uit die boonste rakke aan die ouers, grootouers en vriende te bied.
Sien meer foto’s hier (foto’s: Iconic Management)













