Local newsNews

NHS se debatspan sê hul sê

Is dit 'n sinvolle vorm om burgerlike protes te boikot? Moet Suid-Afrika 'n nuwe inheemse taal vir eie gebruik skep?

MBOMBELA – Dit is van die onderwerpe waaroor Hoërskool Nelspruit (NHS) se Gerhard van der Merwe, Wehan Viljoen en Josua Matthee vurige debatte tydens vanjaar se Dink of Sink-skoledebatskompetisie gevoer het.

Sowat 500 leerlinge van byna 50 skole het aan meer as 1 000 rondes van dié kompetisie deelgeneem wat deur AfriForumdebat aangebied word.

NHS is as die Noordstreekwenners aangewys en het in die finaal wat die afgelope naweek in Centurion plaasgevind het, teen die ander streekwenners, Hoërskool Noord-Kaap, C&N Oranje Sekondêre

Meisieskool, Helpmekaar Kollege, Paul Roos Gimnasium en Hoër Meisieskool Bloemhof te staan gekom.
Die NHS-trio het vanjaar net-net nie tot die eindronde deurgedring nie.

Paul Roos Gimnasium en Hoër Meisieskool Bloemhof het in die finale ronde uiteindelik met die louere weggestap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button