Leerders leer meer oor koop en verkoop
Die senior leerders van Pro Gratia Leersentrum het verlede Vrydag hulle entrepeneursdag gehou.

MBOMBELA – Leerlinge van Pro Gratia word jaarliks die geleentheid gegee om hulle verkoopsvernuf onder hul maats op die proef te stel.
Hulle word deur die loop van die jaar geleer hoe om ‘n besigheidsplan op te trek en hoe om met klante te werk. Daar is van die leerders verwag om na afloop van die dag ‘n joernaal te hou van hoe die produkte vervaardig, bemark en verkoop is. ‘n Advertensieblad asook ‘n belastingstaat moes saam met die joernaal ingedien word.
Henno Fourie het ‘n gelukswiel gemaak waar leerders die wiel kon draai om met pryse soos ‘n kontantbewys of lekkers weg te stap.
Jaden du Plessis het waterbalonne verkoop en Claude Wessels het self sy eie tolle uit melkbottels gemaak.
Almal het hard gewerk en met groot opgewondenheid hul vindingrykheid ten toon gestel.









