Vlammies se kunstigstes palm pryse in
Hoërskool Bergvlam het sy Visuele Kuns- en Ontwerpuitstalling vir 2018 verlede Donderdag met die tema "Blomme" aangebied.

MBOMBELA – Die uitstalling is deur juffrouens Alzette Immelman en Alma Swart gereël en is by die Mbombela Kunsgalery in Drysdalestraat gehou.
Lonita Swift het verrigtinge met Skriflesing en gebed geopen waarna Swart die bedankings gedoen het. Hoof Deon Visser het die troffeë oorhandig.

Onder die gr. 12-leerlinge was Natalie du Plessis en Robyn Visagie die beste in visuele kuns: prakties. Robyn het ook die beste in visuele kuns- en ontwerpteorie gevaar.

Larissa Jalla het die algemene beste prestasie behaal in visuele kuns en ontwerp en die beste gevaar in ontwerp: prakties.

Kim van Schalkwyk het die beste gevorder in visuele kuns, en Danien de Beer in ontwerp.

SIEN OOK: Vlammies se Eriza is ‘n SA gunsteling
Die aand was ‘n reusesukses en van die kunswerke is ook verkoop.
Swart het die gaste met ‘n boodskap gelaat: “Onthou dat wanneer jy kuns koop, jy nie verf op ‘n doek koop nie. Jy koop eindelose ure se werk en ‘n klein stukkie van die kunstenaar se siel.”
Die volgende leerlinge het die ander toppryse ontvang
Gr. 11 Visuele kuns:
Kayla de Almeida – beste prakties, teorie en algemene prestasie
Kayla Raubenheimer – beste vordering
Gr. 11 Ontwerp:
Angelique van Niekerk – beste prakties
Tayla Soine – beste teorie en algemene prestasie
Lourens Strydom – beste vordering
Gr. 10 Visuele kuns:
Annie Britz – beste prakties
Alex Etsebeth – beste teorie en algemene prestasie
Zandalee Bean – beste vordering
Gr. 10 Ontwerp:
Annie Britz – beste prakties, teorie en algemene prestasie
Larissa Botha en JP Brand – beste vordering.
LEES OOK: Cricket siblings own the wicket




