Shiloh nuwe tuiste van Neon kerk
Neon Kerk het nou amptelik hulle nuwe tydelike tuiste in die bosveld gevind.
MBOMBELA – Die kerk se diens word al die afgelope Sondae op ps. Danie van Wyk en sy vrou Tashai se plaas Shiloh gehou.
Die Van Wyks moes noodgedwonge ‘n ander heenkome vind nadat hul kerksaal op 20 Oktober afgebrand het.
LEES OOK: UPDATE: Watch video – Fatality confirmed in Neon Church fire
Hulle het al hul toerusting en instrumente verloor. Volgens Tashai was die gemeenskap hulle baie goed gesind en het hulle al R80 000 ingesamel waarmee hulle die meeste van hul instrumente kon vervang. ‘n Barmhartige Samaritaan het ook vir hulle ‘n klawerbord geskenk.

“Net solank ons vorentoe beweeg en nie agtertoe nie,” sê Tashai laggend. Volgens haar geniet die gemeentelede hulle kerk in die bos. “Een van die lede het Sondag vir my gesê hy het sy siel weer hier gevind. Miskien wil die Here hê ons moet weg beweeg van die tradisionele kerkgebou af,” sê sy.
LEES OOK: Church takes hands after building burns down
Sy voeg by dat hulle grootste bekommernis tans die reën is. “As iemand net vir ons waterdigte skadunet kan skenk of ons sinkplate kan aankoop, sal alles perfek wees vir ons boskerk.”
Die dienstye vir die kerk is nou 10:00 om dié wat van ver af kom, te akkommodeer.
Om uit te vind hoe jy kan bydra, volg gerus Neon Church Kerk op Facebook of skakel Danie by 072-583-6188.

