Dié Nellies praat ‘n ding los
Laerskool Nelspruit spog met twee Nasionale Radikale Redenaars- en Leesfees-kampioene.
Henrike Bekker (gr. R) en Jacques Bouwer (gr. 5) het tydens die redenaarfees wat onlangs by Hoërskool Garsfontein in Pretoria plaasgevind het, met die louere in die eksperimentele individuele afdeling weggestap. Tydens die streeksfinaal van die kompetisie het elke topspreker in elke afdeling na die finale ronde deurgedring.
Dandré Louw (gr. 1) het ‘n tweede plek in lees: poësie verower terwyl sy skoolmaats Nicolien Lourens en Esti Bekker, albei gr. 2 ‘n vierde plek in die span: eksperimenteel losgepraat het.
Clarissa Botha, ook gr. 5 het ‘n sesde plek in individueel: eksperimenteel asook ‘n agtste plek in lees: poësie verower. Zoë Scheepers (gr. 6) het net-net op ‘n plek in die top drie uitgemis toe sy ‘n vierde plek in die reading: poetry ingeneem het.
