Local newsNews

Met ontwrigte heupe Mienke terug in hospitaal

Sy is gister opgeneem.

Verna Mulder het haar dogter Mienke gister na die hospitaal geneem vir wat sy gedink het ‘n roetine ondersoek is.

Na amper vier ure se gewag, het Verna egter uitgevind dat beide haar dogtertjie se heupe ontwrig is.

Mienke is dadelik opgeneem.

LEES OOK: OPVOLG: Mienke terug by die huis en vol hoop vir Indië

“Vandag is die derde dag dat Mienke ook baie erg aspireer. Hulle het haar dus opgeneem om eers van al die slym ontslae te raak sodat sy narkose kan ontvang. Hulle beplan om haar Maandag te opereer,” sê Verna wat tans by Mienke in Groenkloof-hospitaal in Pretoria waak.

Sy verduidelik dat hulle Mienke se bene terug in die pootjies gaan druk en dat hulle ook haar spiere gaan verleng om beweeglikheid te verbeter.

Mienke Mulder. Foto: Facebook.

Volgens pa Ryno Mulder is dit te wyte aan die feit dat Mienke die meeste van die tyd sit en dat haar spiere nie saam met haar bene ontwikkel nie.

LEES OOK: Mienke se ma se hart gaan staan

“My hart was gister baie seer. Jy gaan dokter toe en jy dink jou kind is gesond en dan gebeur so iets. Maar vanoggend is ek en Mienke albei baie rustig,” sê Verna.

Laevelder het voorheen berig dat Mienke sewe maande oud was toe sy verlede jaar in Mbombela aan ‘n bottel gestik het. Dit het tot erge breinskade gelei en sy moes sedertdien intensiewe mediese behandeling ontvang.

Die gesin het sedertdien na die Wes-Rand verhuis.

Vir meer inligting of om die familie te ondersteun, gaan na die Facebook-blad Please Pray for Mienke. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button