Pret vir kleingoed en hulle groottouers
Tydens Lekkerlagland Dagsorg se jaarlikse oupa-en-oumadag het grootouers die geleentheid gehad om tyd saam met hulle geliefde kleinkinders deur te bring.

Tydens Lekkerlagland Dagsorg se jaarlikse oupa-en-oumadag het grootouers die geleentheid gehad om tyd saam met hulle geliefde kleinkinders deur te bring.

Die spesiale byeenkoms is Vrydag by The Splat Company gehou, en dit was reusepret vir beide grootouers en die kleingoed.
LEES OOK:Grootouers word bederf by Laerskool Bergland
Isabel Knoetze van Lekkerlagland Dagsorg sê dat hulle graag wou hê dat oumas en oupas ook moes deel wees van die skool se aktiwiteite.

“Ons het ‘n mamma- en pappadag, dus het ons dit goed gedink om die grootouers ook deel van die pret te maak. Die kinders het liedjies voorberei en dit spesiaal vir hulle oumas en oupas gesing.
LEES OOK:‘n Liefdevolle hart en omgee al wat nodig is
Hulle het ook kolwyntjies versier, lekker saam geëet, gespeel en foto’s geneem. Ons hoofdoel was dat almal die dag geniet,” het Knoetze gesê.
