Spesiale ouers hoor die boodskap van hoop
Die Brain Child Fund het verlede Saterdag 'n sprankie hoop vir moedelose ouers van kinders met spesiale behoeftes gebring.

MBOMBELA – Sowat 35 ouers en kinders het die praatjie deur die Brain Child Fund se spesiale behoefte aktivis Hannes Viljoen bygewoon.
Hy het self drie kinders wat nie neurotipies is nie, en het onlangs begin om die Amerikaanse Family Hope Center se terapieë deur die Brain Child Fund na Suid-Afrika te bring.
Viljoen is tans op ‘n Stronger Together-toer om die program aan ouers bekend te stel.
ALSO READ: Not a beautiful noise: Noise pollution continuing in Mbombela
Van die plaaslike Laeveld-ouers wat reeds die program met hulle kinders volg kon vir die ander gaste ‘n bietjie meer van hulle persoonlike ervarings vertel.
Onder hulle was Justus Meyer en Jackie en Johan van Wyngaard wat ook help reël het aan die oggend.
Viljoen het ook ‘n video gedeel van Matthew Newell, die Family Hope Centre se stigter, wat die terapie demonstreer met ‘n kind wat leer kruip.

“Mense was in trane,” het Jackie vertel. “Dit gaan maar so as jy nie veel hoop het nie en ewe skielik wys iemand jou dat daar wel nog hoop is.”
Van Wyngaard sê hulle het al ongelooflike resultate met die terapie op hulle seun, Jason ervaar. “Dit is nie ‘n vinnige oplossing nie, maar daar is wel hoop.”
Om meer uit te vind, besoek brainchildfund.org.
LEES OOK: Johan Rossouw still in ICU after motorcycle accident
